Moet jou nou eers vêr terug neem. Honderd en vyftien jaar, Januarie
1900 toe die dom Ozzies die plek binne val en op hul neus geslaan word. Die ou
wat toe orde moes handhaaf nadat hy die magistraat, posmeester en polisie sersant
opgesluit het was Kommandant Hendrik Schoeman. Deesdae is Schoemansville en die
Schoemanstraat na hom vernoem.
Ou Hendrik was ’n Majuba veteraan, maar nou al so krom
getrek deur die jig dat hy nie meer op ‘n perd kon klim nie.
Die eerste wat hy doen is om al die bywoners in die oor te
fluister, “As jy nou vir ons help, dan sal ons jou baas van die grond jaag en
alles is joune!”
Amper nes Julius! Die Kaapse Rebel was dus hoofsaaklik
ongeletterde handearbeiders. En mag jy vra, "en die Joiners noord van die Oranje?"
Wel toe die Khakis daar inval fluister hulle weer in die ore van sekere ouens,
“If you help us, we will kick your boss out and all the land will yours!”
Dus lessie nommer een, die Joiner en die Rebel is een en
dieselfde tipe!
Terug na Colesberg en oom Hendrik. Die ou vra toe 300 man en
200 perde aan deur middel van die draadberig. "Tik-tiiik-tik" alles in Hoog
Hollandse Morse kode. Op elke dorp deur die OVS luister die posmeester na die
getik, ontsyfer en skryf neer en tik weer na die volgende ou. Teen die tyd dat
dit Oom Paul bereik was dit 30 man en 20 perde!
Sien, die posmeesters het weer gehoor dat hul ewekniee suid
van die Oranje baie meer verdien en korter ure werk, hulle was dus Engels
gesind en het die boodskap heerlik verdraai.
Wat het verander na vandag toe?
Niks nie, ai tog!
Die lieflike Colesberg herineringe. Die groot huis en sy
stoepe en stories maak. Om ons te verluister aan daardie skaars soort, die
Afrikaner entrepeneur eienaar van Bosman/Boshof en kie. Wat kap timmer en
soldeer en dinge bou. Net ‘n Bloedsap sal dit kan doen!
En en skuins oorkant …
rye en rye grafte van bogenoemde Ozzies ... later werk ek in Brisbane in daardie vervelige land en kry ‘n groot
monument wat Coleskop herdenk.
Ma en ek kom kuier met die Ford 20m, al ‘n lisensie gehad en
gaan oor Aliwal toe vir ‘n warm swem. Braaityd en Tannie Baby dring net een ding
en dis onverhandelbaar: Lion Export Ale!
Tannie Baby werk na die oom se dood in die hotel en bly
skuins oorkant die kerk op die suidpunt van die hoofstraat. ‘n Lieflike halfweg
stasie!
Vir laas slaap ons oor, toe in ‘n gastehuis Januarie 2000, presies een honderd
jaar later en stap weer na die grafte … jammer die Ozzie nageslag kon nie saam
wees nie ...
No comments:
Post a Comment