Om op 16 vir altyd weg te gaan van jou ma en pa het sy uitdagings. Ons klein dorpie outjies moes dit doen en toe al die lewe alleen aangryp.
Tel maar die dae tot ou weer op die trein kon klim en die dag lange reis na die Noordweste aan te pak.
As jy jonk is, is jy ook kwesbaar en baie dinge kan verkeerd gaan. Byvoorbeeld, hoe werk mense knope vas?
Van die begin was daar vir ons Bon Ami, Bellville en Strand. Alles met tiekiebokse georganiseer!
Tannie Frieda het my korrek as 'n nerdie outjie geklassifiseer en ek moes naweke van haar sootgelyke skoliere ontmoet. Ek en een so 'n ou is nou nog in kontak!
By oom Tossel en tannie Etha in die Strand was dit net altyd hemel. Die oom het my ook skelm ingelyf met my eerste sopie witwyn!
Bon Ami, die plasie daar buite sal altyd spesiaal wees. Tannie Dora se liefde sal ons altyd onthou.Toe ons kleiner was het oom Cyril ons "Japies" genoem. Sy Afrikaans was maar beperk tot hy van "Plaasjapies" gehoor het! Hy het ook in 1960 gaan kampeer voor die stadsaal om in die referendum "Ja" te gaan stem. Ou Walisser, "I always wanted to vote against the English!"
Toe kom die vreeslike skuif na die verre Noorde en die naweekpasse. Net een plek om te gaan, Mancelaan 838! Liefde, omgee en rondwys. Tannie Marie en Oom Carl het in onseker tye 'n tweede ma en pa gewees.
No comments:
Post a Comment